Piet Grobler

Piet Grobler, bekend vir sy natuur fotografie, speel ook al baie jare lank mondfluitjie. En vir my is sy verwerking van die pragtige Fynloop Settees van oom Manie Bodenstein uit die boonste rakke. Dit is seker een van die moeilikste liedjies om in daardie sleutel te speel op 'n kromatiese mondfluitjie as gevolg van die baie sharps en flats in die skaal. Maar oom Piet speel dit foutloos en maak dit so maklik lyk dat jy nie werklik besef hoe baie konsentrasie en werk daaraan verbonde is nie. Dieselfde geld vir die ander liedjies wat hy hieronder speel, ondanks die baie knoppie gebruik en ingewikkelde noot uitleg van hierdie liedjies, speel hy met intense emosie en 'n passie soos 'n ware meester


'Elke mondfluitjiespeler het sy eie styl en praat sy eie taal. Musiek kan afskuwelik klink wanneer dit gewoonweg op 'n bekfluitjie gespeel word, maar sodra 'n mens ernstig daarop begin speel dan klink hy anders en praat hy met 'n mens. . . ' het Vincent Van Rooyen gesĂȘ. En oom Piet praat die taal!! Vandag is daar ongelukkig te min van hierdie gehalte van mondfluitjie spelers oor in Suid Afrika. Ons hoop ter harte dan hierdie 'n aansporing gaan wees sodat meer hierdie ongelooflike instrument sal opneem om ons musiek aan die brand kan blaas.
Hier onder is skakels na 'n paar van sy liedjies en video: