Zak van Niekerk



Zak van Niekerk (12 Julie 1978 - 30 Maart 2012) was 'n Afrikaanse sanger en musikant wat ligte vermaakliedjies gesing en die mondfluitjie bespeel het. Hy is bekend vir treffers soos Lekkerkry, Ramkat, Lekker in Suid-Afrika, Jantjie de Wet enBorrels In My Bier. - (http://af.wikipedia.org)

Hy is is gebore op 12 Julie 1978 in die hartjie van Namakwaland, Springbok, waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het. Op die ouderdom van vier jaar leer hy by sy ma op gehoor klavier speel. Hy leer mondfluitjie speel op die vroeë ouderdom van 10 jaar waarmee hy minwetende vele sukses sou behaal.

Later neem hy deel aan die Namakwalandse Eistedtford en wen twee goue diplomas vir mondfluitjie en klawerbord en twee silwer diploma's vir sang en panfluit. Hy gaan tree by die Klein Karoo Kunstefees op tydens 1998 in 'n Restaurant waar die mondfluitjie groot aanklank vind. Zak besluit om die plate kontrak wat BMG hom aanbied, te aanvaar. Sy debuut CD word tydens Januarie 1999 uitgereik, en is hy ook musiekster van die week op Radio Sonder Grense (RSG).

In 2003 teken hy 'n kontrak by Leo musiek en dinge vat vlam. Spoedig word sy derde album “Lekkerkry” uitgereik wat reeds Goue status bereik en daarna volg nog 2 albums. “Byt my”, amper goud en “Oe Na Na” wat sterk op sy hakke volg.

Hy is sekerlik een van die beste komediante wat sy lekker kuier- en luister musiek insluit. Met sy unieke manier van mondfluitjie speel, word hy beskou as die beste! Met sy humor, musiek en komedie is hy defenitief ‘n man wat ‘n partytjie aan die gang KAN kry!!

Soos hy altyd sê:

GOOI MIELIES BROER TOT ONS WEER ONTMOET!!