Daars 'n Wind wat Waai - tabs




Onuitputtende entoesiasme, energie en 'n lus om te sing, is 'n goeie beskrywing van hierdie sanger, Bennie Madison. 'n Paar jaar gelede het sy sang loopbaan as lid van 'n sang-groep (wat onder die naam van Die Ruiters bekend was), begin. Hy het egter besluit om op sy eie sy talent te ontwikkel, skouer aan wiel gegooi, en hierdie pragtige opname is die resultaat. Met sy strelende stem vertel hy van ou bekende iiedjies soos: ,,By Die Ou Meulstroom", ,,Eensame Paadjie" en ook 'n nuwe komposisie van Flippie van Vuuren, ,,Groenkoringlande". In die agtergrond wissel die begelyding van banjo na ghitaar, en onder Ieiding van Flippie van Vuuren, skep die orkes net die regte agtergrond. Bennie verras ook as komponis met twee van sy eie nommers, naamlik ,,Somerre├źn" en ,,Droomland". - http://www.vetseun.co.za/anarkans/bladsy/benemadison.html