Hoe kan ek my spel verbeter?

Daar mag miskien 'n bietjie waarheid in die gesegde; "Die beste stuurman staan aan wal"
Dis VERKEERD . . . Probeer weer!!!
wees. Opbouende evaluering van jou mondfluitjie spel kan van jou 'n beter speler maak. Deur 'n opname van jou spel te maak en daarna te luister, met 'n kritiese oor, sal jy die growwe plekke kan opspoor waaraan jy nog moet werk. Hoe vergelyk ek met die goeie spelers, of met die oorspronklike musiek wat jy probeer namaak? Luister vir die foute en werk net daarop. Tempo, gevoel, volume en veral die rus periodes tussen note is baie belangrik. 'n Goeie maatstaf is om saam met 'n metronoom speel, of saam met die liedjie wat jy wil bemeester, terwyl jy jouself opneem . . . . luister en vergelyk jou spel.


Wees ook meer krities van jouself as ander mense en moennie vir jou ma vra hoe dit klink nie, 'n moeder se liefde is ongelukkig baie blind en sal nooit iets verkeerd vind met haar geliefdes nie . . . vra ook liewer nie vir familie nie.

En seker die belangrikste manier om vinnig te verbeter is om te oefen, oefen en oefen. Daar is geen geheimsinnige wonderbaarlike formule om skielik goed te kan speel nie. Al die beste spelers in die wêreld moes reg van die begin-stadium, soos die res van ons, begin het. Hoe meer jy speel hoe beter sal jy raak want jy leer jou mondfluitjie ken, binnekort het jy nie nodig om uit te werk waar die note lê nie, dit kom vanself sonder om te dink.

Daar is heelwat gratis sagteware op die internet wat jy kan gebruik vir opnames. Die wat ek meeste gebruik is Audacity en CoolEdit Pro. Maar daar is baie ander. Meeste rekenaars het ingeboude klank kaarte en jy hoef ook nie 'n spesiale mikrofoon te kry nie want dis reeds in jou rekenaar ingebou. As jy eendag goed kan speel dan is 'n goeie mikrofoon baie belangrik vir CD kwaliteit opnames.

Geniet elke oomblik van die oefen sessies, jou brein onthou net plesier, nie pyn nie.