My Sarie Marais - tabs



Susara Margaretha (Sarie) Maré is op die plaas Eendraght, Suikerbosrand, distrik Heidelberg, gebore op 15 April 1869. Haar pa was Jacob Maré, wat later 'n lid van die uitvoerende raad van die Transvaal geword en na wie 'n straat in Pretoria genoem is. 

Hierdie is dié Sarie Marais (eintlik Maré) wat in die wyk van die Mooirivier gewoon het, ook bekend as Tant Mossie, volgens die SA biblioteek se katalogus-inskrywing AP.1998-227.

Haar ouers was Voortrekkers, en het hulle in die omgewing van die Suikerbosrand
gevestig. Die dorpie Heidelberg het toe nog nie bestaan nie. Die grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar die dorp Potchefstroom aangelê is.

Toe sy 16 jaar oud was, het sy vir Jacobus Petrus Toerien, 'n verslaggewer van Die Patriot van die Paarl, ontmoet. (Hy was toe in Pretoria om 'n onderhoud met haar pa te voer). Hy het onder die skuilnaam Jepete in "Ons Kleintje" geskrywe in sy hoedanigheid as subredakteur van "Die Patriot". Hulle is getroud en het 16 kinders gehad, van wie net 8 grootgeword het. 

Hy het by Amerikaners wat in Transvaalse myne gewerk het die liedjie Sweet Ellie Rhee gehoor, wat sy oorsprong in die Amerikaanse Burgeroorlog gehad het en deur Septimus Winner (Alice Hawthorne) geskryf is. In die tydperk tussen die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë het Jepete die woorde vertaal en só sy vrou, Sarie Maré, verewig. Die lied het ook nie aanvanklik al die versies en presies dieselfde woorde gehad het as wat ons vandag ken nie. Maré het later weens 'n drukfout Marais geword. 
Lees HIER verder.



Luister hier: